Ons het Sondag oggend vroeg gery en so om en by 06:30 by die stadion aangekom in die parkeer area, waar ons almal begin het om die fietse af te haal en alles oor te gaan en seker gemaak die fietse is reg om te ry. Ons het toe by die McDonalds parkeer area bymekaar gekom en vir die ander lede gewag wat ons so 07:30 daar ontmoet het. Ons het toe van daar af met die fietse gery tot by die punt waar ons moes deur gaan om weg te spring. Die UMFA span het 10 ruiters gehad – Elizaan, Alincke, Madelaine, Gershwin, Sarie, Deon, Bradley, Nikki, Willem en Liezel. Nikki het eerste weg gespring aangesien haar tyd verskillend was van ons sin so ons het haar afgesien en toe so paar minute na haar weg gespring. Bradley, Willem en Liezel het so 18min na ons weg gespring.
Daar was vreeslik baie mense en ons het die pad aangedurf teen so 08:49vm. Die span het so bietjie op gebreek, ons het vooraf besluit dat ons gaan saam ry so ver ons kan maar gaan niemand terughou nie, elke persoon het sy eie rit gery teen sy eie tyd. Deon het ons toe verlaat en voor uit gegaan, Gershwin, Madelaine en Sarie was in die middle vir die eerste ruk en ek en Elizaan was op daardie staium agter met die ander 3 wat nog moes wegspring. Ek het op ‘n manier vir Elizaan verloor en die ander ingehaal. Bradley het vir Elizaan gekry en saam met haar gery tot by die begin punt van Chapmans Peak. Elizaan was op daardie stadium bietjie gedihidreer (die hitte was op daardie stadium baie erg) en haar knieg wat geopereer was het begin moeilikheid gee so hulle twee moes toe ongelukkig die rit stop en die bussie het hulle opgelaai.
Ons het lekker gery en toe basies in groepies bymekaar uitgekom. Ek, Madelaine en Gershwin het meeste van die rit saam gery, Sarie was op daardie statium toe agter ons en het êrens in die rit vir Nikki gekry waar hulle toe die rit saam verder gery het. Willem en Liezel het ons verby gegaan net voor Simonstad en hulle het die rit klaar gemaak ‘n tydjie voor ons.
Daar was in totaal 18 000 deelnemers vir hierdie jaar. Ons het dit vreeslik geniet en hoop om volgende jaar weer so te maak.
Recent Comments